Get Die Swart lyrics by Kobus! free! Amazing collection of all Kobus! song lyrics in one place. Click the printer icon next to the song title to print the words.

Kobus! Die Swart lyrics

Kobus! lyrics of all songs.
Album:
Miscellaneous
Die Swart lyrics by Kobus!

'N verkyker, 'n spieël
En die sap in my brein
My enigste bagasie op die lewenstrein

My verkyker is kragtig
Hy kyk nogal ver
Maar soms is daar wolke wat my visie versper

Die swart onder my vingernaels
Vertel die hele naweek se verhaal

My verkyker kyk en kyk
Maar die lens raak te gou vuil
Ek soek my wasige toekoms om dit vir 'n ander te verruil

Maar my kyker raak al swakker
Terwyl my trein verder stoom

En die lense kyk net terug in die kompartement van my droom

En die swart onder my vingernaels
Word my verkyker se hartseer verhaal
Die swart onder my vingernaels
Vertel die hele naweek se verhaal

Ek kyk maar weer terug na die oë in die spieël
Wat argeloos staar na my gillende siel
En ek sien 'n onseker gesig wat al meer na 'n dier s'n lyk
In die dertig watt lig

Die swart onder my vingernaels
Vertel die hele naweek se verhaal

Popular artists